Postmoderne kuns

Data.Tron [8K Enhanced Version] deur Ryoji Ikeda te sien in transmediale 10.

Postmoderne kuns is 'n groep kunsbewegings wat daarop gerig was om sekere aspekte van modernisme of aspekte wat in die nasleep daarvan ontwikkel het, te betwis. Oor die algemeen word bewegings soos intermedia, installasiekuns, konsepsuele kuns en multimedia as postmodern beskryf.

Daar is verskeie eienskappe wat kuns as postmodern kategoriseer; dit sluit in bricolage, die prominente gebruik van woorde as die sentrale kunselement, collage, toeëiening, vereenvoudiging, vertoonkuns, die herwinning van vorige style en temas in 'n hedendaagse konteks, sowel as die afbreek van die skeidsmuur tussen skone en hoë kunste en lae kuns en populêre kultuur.[1][2]

  1. Ideas About Art, Desmond, Kathleen K. [1] John Wiley & Sons, 2011, p.148
  2. International postmodernism: theory and literary practice, Bertens, Hans [2], Routledge, 1997, p.236

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search